Making Tenses Easy in Afrikaans: Part 3 – Using “ge-” in the Past Tense

Cartoon owl in a graduation cap pointing to the title “Making Tenses Easy in Afrikaans: Part 2 – Tenses and Auxiliary Verbs” – Owl’s Bilingual Academy.

When do you ad ‘’ge’’ to the verb

Nie alle werkwoorde kry ‘n “ge” vooraan in die verlede tyd nie. Werkwoorde kry nie ’n “ge” aan die begin van die woord nie as die woord klaar ’n voorvoegsel het nie.

 

Not all verbs get a “ge” in the front of the past tense. Verbs do not get a “ge” at the start of the word if the word already has a prefix.

 

Soek vir woorde wat begin met die volgende: Be, ge, her, er, ver, ont, mis

 

Present Tense 

Past Tense

Ek belowe jou.

Ek het jou belowe.

Ons gesels lekker.

Ons het lekker gesels.

Sy herstel nog van die siekte.

Sy het nog van die siekte herstel.

Jy moet erken dat dit mooi is.

Jy moes erken dat dit mooi was.

Ek verkoop my kar.

Ek het my kar verkoop.

Ons ontmoet mekaar lanks die trein.

Ons het mekaar lanks die trein ontmoet.

Hy misgis hom.

Hy het hom misgis.

  

When do you get ‘’het’’ at the end of a sentence

Partykeer as die sin nie in die verlede tyd is nie en nie ‘n “het” na die onderwerp het nie kry dit ’n “het” aan die  einde van die sin. Wanneer daar nie ’n “het” is nie verdwyn die “ge” wat normaalweg aan die begin van die werkwoord sal kom.

 

Sometimes if the sentence doesn’t have a “het” after the subject in the past tense it gets a “het” at the end of the sentence. If the sentence does get a “het” at the end of the sentence the “ge” that normally would go at the start of the verb disappears.

Future Tense

Past Tense 1

Past Tense 2

Jy moet daar wees.

Jy moes daar wees.

Jy moes daar gewees het.

Jy kan dit doen.

Jy kon dit doen.

Jy kon dit gedoen het.



Example

Daar is ‘n klein verskil tussen die sinne hieronder.

There is a slight difference in the meanings between the sentences below.

 

1.        Jy moes daar wees. (I had to be there.)

1.       Jy wou daar wees. (You wanted to be there.)

1.       Sy kon dit doen. (She could do it.)

1.       Ek sou dit doen. (I would do it.)

In die gevalle verwys ons na iets wat in die verlede gebeur het.

In these instances, we indicate something that did happen in the past.

 

       2. Jy moes daar gewees het. (I should have been there.)

       2. Jy wou daar gewees het. (You wanted to have been there.)

       2. Sy kon dit gedoen het. (She could have done it.)

       2. Ek sou dit gedoen het. (I would have done it.)

 

In die gevalle verwys ons na iets wat in die verlede moes gebeur het maar nie het nie.

In these instances, we show something that should have happened in the past but did not.


"Mag" replaces the role of "het"

Die woord “mag” vul ook die rol van “het” in die verlede tyd, net soos is, kan, wil en moet. Die verskil is dat “mag” nie verander in die verlede tyd nie. Die woord “mag” word ook altyd gebruik met ’n het aan die einde van die sin.

 

The word “mag” also takes the role of “het” in the past tense, just like is, kan, wil and moet. The difference is that “mag” does not change in the past tense. The word “mag is also always used with a “het” at the end of the sentence.

  

Present Tense

Past Tense

Jy mag hier wees.

Jy mag hier gewees het.

 

Click the following link to go to the next lesson:      

Making Tenses Easy in Afrikaans: Part 4 – Using “het” in the Present Tense

 

Found this tutorial useful?

There are many more tutorials waiting for you here.

Want to learn more about Owl’s Bilingual Academy or interested in private lessons? Visit our website.


References.

Lutrin, B. (1999). Afrikaans handbook & study guide: An English student’s guide to Afrikaans. Sandton: Berlut Books.


de Jonge, A. (n.d.). Leer Afrikaans sonder om jou rieme styf te loop. Graffiti Boeke.


De Klerk, P. F., Esterhuizen, B. J., Hammann, H. J. R., & Neethling, E. L. (1986). Afrikaans my taal. Maskew Miller Longman.


Nel, M. (2019). Afrikaans+: Everything you need to obtain top marks. LAPA Uitgewers.


The majority of this course content is based on the author’s experience, practice, and self-study.

 

© 2025 Owl's Language Academy. You’re welcome to share or adapt this for non-commercial use, as long as you give credit. Please don’t sell it or claim it as your own.


Comments

Popular posts from this blog

What are the Different Types of Verbs?